Wat is die eerste dinge wat in u gedagtes na vore kom wanneer u aan Tomas, die dissipel, dink?

Die realiteit is... baie van ons is geneig om nie n baie goeie prentjie van Tomas te hê nie. Ek wil selfs só ver gaan as om te sê dat ons hom as mens in meeste gevalle verkeerd verstaan (veral as ons hom net beperk tot die etiket van "Tomas die ongelowige" of "Tomas die twyfelaar"). Hierdie persepsie kan maklik ontstaan as gevolg van sy twyfel oor die opstanding van Jesus, maar as ons sy hele storie en karakter in ag neem, kan ons 'n veel dieper prentjie van hom laat vorm wat ons hom sal laat bewonder.

Deur Tomas se verhaal bietjie te bestudeer sien ons dat ons dikwels saam met die jeug rockrock-band ’’

Straatligkinders uitroep, Sien is glo ’’. Blindelingse geloof is moeilik – veral omdat ons vertroue so dikwels deur die wêreld verbreek was en die deur na ons harte nie meer automaties oopgaan met die aanhoor van nuus nie...

dit word maar baie versigtig (soms met groot huiwer) stadig oopgestoot.

Gelukkig leer ons deur Tomas se ontmoeting met Jesus na sy opstanding, dat geloof 'n reis is wat vrae en onsekerhede kan insluit, maar dat dit nooit mag stagneer nie en altyd moet beweeg in die rigting van meer kennis en n dieper sekerheid – dinge wat uiteindelik tog kan lei tot n sterker geloof.

Sondag kyk ons 'n bietjie meer in diepte na watse belangrikke lesse ons uit Tomas se ontmoeting met Jesus kan leer. Ons gaan onder andere leer dat:

Twyfel deel is van die geloofsreis

Tomas het as die "twyfelaar" bekend geword omdat hy nie geglo het dat Jesus opgestaan het uit die dood nie, totdat hy self die merke van die kruis kon sien (Johannes 20:24 24-29). Hierdie ontmoeting beklemtoon dat dit moontlik is om in tye van moeilike omstandighede of onsekerheid te twyfel. Dit is egter belangrik om daardie twyfel te gebruik om nader aan die waarheid en geloof te kom, eerder as om in die twyfel vas te staan.

Die soeke na bewyse kan ons nader aan God bring

Jesus het Tomas se behoefte aan bewyse nie verbied of verkleineer nie en aan hom die kans gegee om sy wondmerke te sien. Dit leer ons dat die soeke na waarheid en bewys nie noodwendig 'n teken van swakheid is nie, maar dat dit ons kan lei na 'n dieper begrip van wie Jesus is.

Geloof is meer as net sien

Na die ontmoeting met Jesus, het Tomas sy twyfel verwyder en uitgeroep: "My Here en my God!" (Johannes 20:28). Jesus het daarop geantwoord dat dit geseënd is om te glo sonder om te sien (Johannes 20:29). Dit herinner ons daaraan dat die ware geloof nie net lê in wat ons sien of verstaan nie, maar in die vertroue wat ons in God se beloftes stel, selfs as ons nie alles verstaan nie.

Tomas leer ons dus dat twyfel 'n deel van die geestelike reis kan wees, maar dat die soeke na waarheid en geloof kan lei tot 'n dieper verhouding met God.

Opgewonde om u Sondag te sien!

Anton

Dienssentrum

Basaar 22 Maart 2025

Jeug en families