Om geloofsonderskeidend te leef.
Ons 2 Skrifgedeeltes in Kolossense 3 v.16 -17 en Kol. 3 v. 23 – 24 beteken dat Jesus Christus sentraal moet staan in al ons doen en late as kinders van God. Ons doen en werk nie om iets te kry nie, maar omdat ons dankbaar is vir wat ons reeds in Jesus het. Ook doen en werk ons omdat ons ’n roeping en ‘n opdrag van ons Here het om as Sy medewerkers Sy Koninkryk op aarde uit te brei. Ons is Jesus se dissipels wat Hom navolg en Hom hier op aarde verteenwoordig.
Dit beteken ook dat ons Hom in alles sal verheerlik. Daarom kan ons nie anders as om gefokus en ingestel te wees op die stem en teenwoordigheid van ons Koning Jesus nie.
Ons praat van geloofsonderskeiding. Dit beteken dat ons geloof en verhouding met Jesus ‘n sentrale rol in elke dag se praktiese lewe behoort te speel. Dit beteken verder dat ons glo en erken dat Jesus Here en Koning van ons lewe op aarde is, dat Hy regeer en dat Hy hier teenwoordig is.
Ons wil onderskei wat vir Hom saak maak, wat Sy wil is en hoe ons Hom kan verheerlik in alles wat ons doen. Daarom beteken dit ‘n soeke na en ‘n fyn ingesteldheid op die stem van die Heilige Gees. Die Gees lei ons altyd in ooreenstemming met die Woord van God en gee ons innerlike vrede oor sake waaroor ons bid en besluite moet neem. Dikwels lệ die Heilige Gees iets of iemand in jou daaglikse omgang op jou hart waar jy namens Jesus iets moet gaan doen of sệ of jy moet net daar wees. Dan staan ons verstom oor wat die Here daar doen.
Geloofsonderskeiding vind ook dikwels tussen gelowiges plaas waar die Here vir iemand bevestig wat op jou hart lệ of waar gelowiges saam soek en saam bid vir die Gees se leiding. Dit kan gebeur in ’n gesin of ’n kleingroep of soos die Here al meer kere ons gemeente se leierspan gelei het om groot besluite te neem nadat ons tyd span-deer het om saam daaroor te bid en dit onder leiding van die Woord en die Gees deur te praat. Op ’n stadium kom almal dan onder die besef wat die besluit moet wees en het almal vrede daaroor. Mag die Here ons hierin seën. Michiel
Kom ons bid dat ons almal daagliks baie bewus sal wees van die Heilige Gees se teenwoordigheid. Laat ons tyd maak met God sodat ons met ’n ingesleldheid op Hom kan leef.