Om die geslagsregister van mense te lees is nie vir almal interressante leesstof nie. Matteus begin sy evangelie dan ook met 'n lang lys name. Met watter doel? Waarskynlik wil hy daarmee aantoon dat God sy beloftes aan sy volk gestand gedoen het. Elke naam in die register vertel 'n verhaal van sorg en beloftes wat waar word.

Matteus beskryf drie periodes van veertien geslagte om uiteindelik by die geboorte van Jesus uit te kom. Hy begin by Abraham, die vader van die beloftes en loop dan oor na Salomo en die konings van Juda heen. Dit is ook ongewoon dat vroue in geslagsregisters genoem word. Matteus noem vir Tamar, Ragab, Rut en Batseba.

Uit hierdie geslagsregister van Jesus is dit duidelik dat meriete nie die maatstaf is nie. Daar is plek vir die onwaarskynlikes, die sondaars en die vreemdelinge in Jesus se familie. Wat ook merk-waardig is, is dat Josef nie Jesus se biologiese vader is nie. Die verhaal beklemtoon dat Maria 'n maagdelike geboorte gehad het. Jesus is die Seun van God. Die Kersverhaal is inderdaad 'n vreemde verhaal, maar die goeie nuus is juis daarin opgesluit!

Ons dink Sondag verder hieroor na. Welkom en kom met verwagting!

Wilhelm