Daar kom ‘n tyd in die samelewing waar daar ‘n soeke ontstaan na ‘n waarde waarna almal smag. In Luther se tyd was daar ‘n soeke na vryheid van oordeel en skuld. Mense was oor-laai met skuldgevoelens en moes baie betaal om daarvan vry te kom.

Maarten Luther het met die vraag geworstel: Waar vind ek ‘n genadige God? Hy het dit gevind in Jesus Christus as Verlosser. Vandag leef ons steeds met dankbaarheid uit die ge-nade van die God wat Luther ontdek het en met die Hervorming bevestig is.

In ons huidige stukkie geskiedenis kom daar ‘n ander vraag na vore. In ‘n wêreld van leuens, omkopery en bedrog vra ons die vraag:

Waar vind ek ‘n betroubare God? Ons tyd word gekenmerk deur ontnugtering: Onbetroubare leiers, korrupsie, sedeloosheid, wetteloosheid. Ons is ontnugter deur rolmodelle en gesag-strukture. Alles is op losse skroewe en die reg word verdraai.

Ons dink dus Sondag na oor Miga se stryd om reg en betroubaarheid te vind. Ons lees in Mi-ga 6:8 die bekende woorde: "Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God."

Mag ons saam onderskei wat dit vir ons elkeen beteken in die tyd...

Wilhelm