Die toekoms is vir ons almal ‘n saak wat ons gedagtes besig hou. Moontlik is dit die onvoorspel-baarheid daarvan? As ons kon weet wat voorlê, sal ons makliker beplan en minder dom besluite neem. Tye verander ook so vinnig dat ons kan sê die toekoms is ook nie wat dit altyd was nie.
Toe Jesus saam met sy dissipels by die tempel vertoef het, het Hy die sluier gelig oor die toekoms. Dit was ‘n somber prentjie! Hy voorspel valse predikers, oorloë, moorde, geweld en natuurrampe. Die druk sal toeneem en die liefde sal by baie verkoel.
Die vraag is of dit ‘n goeie ding sal wees as ons in die toekoms kon sien? Hoe sal ons anders optree as ons geweet het wat op ons wag? Sou ons rustiger wees of dalk meer angstig? Moontlik sou ons sommige verkeerde besluite kon uitskakel.
As ons vandag vir Jesus kon uitvra oor die toekoms, sou ons waarskynlik soek vir tekens van hoop. Ons weet dat die toekoms nie maanskyn en rose sal wees nie, maar ons het nogtans ‘n be-hoefte aan troos. Ons dink vandag na oor hierdie gedeelte en oor Jesus se woorde. Moontlik is dit tog vandag vir ons ook van waarde…
Seënwense, Wilhelm
Vanuit die kantoor
Dienssentrum
Rooitrein
Al die antwoorde kom uit hierdie Hartklop se artikels
Klik op nommer om antwoord in te vul. Wenke wat weggesteek is sal opskuif.
Slimfone: Vee oor blokkies om almal te sien en oor "Across en Down" om al die wenke te sien.