Prediker 3,11,12

Dis ‘n besondere tyd van die jaar. Oral sien ons foto’s van die blomme in Namakwaland. Dis nie net in Namakwaland nie – ook hier in ons eie omgewing is die veldblomme op hulle mooiste. Daar is nuwe lewe in die lug. Elke blommetjie kondig aan dat ’n nuwe seisoen aangebreek het – die lente is hier!

Dis nie net in die blomme- en plantewêreld waar ’n nuwe seisoen aangebreek het nie. Ons eie lewens is ook vol seisoene wat kom en gaan. Elke seisoen het iets moois, ’n bekoring, maar ook verliese. Hierdie Sondag is tradisioneel ook biddag vir bejaardes. Bejaardheid of ouderdom is ’n baie spesiale seisoen in ’n mens se lewe. Dis nie alle mense wat die voorreg het om hierdie sei-soen te beleef nie – daarom ’n seisoen van groot genade.

Ons vier vandag ons ouer mense, senior burgers, oupas en oumas. Ek kan die kerk nie indink sonder al die oupas en oumas nie. ’n Kerk vol kieries en looprame is ’n geseënde kerk. Daar is vir my min dinge so mooi soos bejaarde mense wat voluit leef.

Kom vier vanoggend saam met ons die seisoen van die lente! Kom sing saam met ons vir die God van die lelies en die veldblomme. Kom buig voor die Een wat vir dit alles sorg – ook vir jou en my. Ons dink na oor die seisoene van die lewe – veral die seisoen van nalatenskap. Koffie en tee na die diens in die maalruimte! – Coenie

BELYDENISKAMP

Ds Anton kamp DV volgende naweek saam met die belydenisklas by Apostelbattery. Ek sluit DV Saterdagoggend vroeg by hulle aan. Bid asb vir ’n geseënde kamp. – Coenie

FOTOBORD

Ons wil graag die fotoborde by die ingangsportaal vol maak met foto’s van ons gemeente en be-dieninge. Stuur asb ’n foto van die groep of bediening waarin jy is: ’n uitreikgroep, selgroep, biduurgroep, diensgroep, wyksgroep, of wat ook al – ons wil dit graag deel maak van ons foto-bord. Stuur asb alle fotos na info@ngkonrusrivier.co.za - Coenie

Vanuit die kantoor

Dienssentrum

Antwoorde van die vorige blokkiesraaisel