Van al die maniere om God te aanbid, is dankbaarheid heel moontlik die een wat die meeste misgekyk word. Wanneer ons egter bietjie tyd in die Bybel spandeer, sien ons die tema van dankbaarheid baie duidelik raak. Daar is maklik honderde verse wat vir ons sê om uit dankbaarheid God te prys.

Ons sien ook deur na verskeie briewe van Paulus te lees dat om as dankbare mense te lewe, ook God se wil is vir ons lewens. God het van die begin af geweet dat dankbaarheid ‘n positiewe invloed op ons sal hê. Mag ons daarom opnuut plek daarvoor maak in ons daaglikse roetines.

Die YouVersion toep help ons hiermee met die volgende vier maniere:

Skep nuwe denkpatrone. Dr. Caroline Leaf, kognitiewe neurowetenskaplike en skrywer, het gesê: ”Terwyl jy dink, verander jy die struktuur van jou brein.” Dit is nie maklik nie. Ons het egter ‘n keuse waaroor ons dink; kom ons vul dus ons denke met gedagtes van dankbaarheid.

Kies vyf dinge. Maak dit ‘n daaglikse gewoonte om vyf dinge waarvoor jy dankbaar is, hardop te sê of neer te skryf. Jy kan dit enige tyd van die dag doen — oggend of aand!


Stel 'n dankbaarheidsalarm. Kies verskillende tye van die dag. Wanneer die alarm afgaan, vra God om jou aan die seëninge en gawes in jou lewe te herinner en dank Hom daarvoor.

Vertel dit aan iemand. Praat elke dag met iemand oor dit waarvoor jy dankbaar is. Dit is miskien hulle vriendskap, die sonsopkoms, ‘n kragtige oomblik saam met God, of ‘n onverwagse seën wat jy ontvang het. Om dit te sê, maak dit meer werklik.

Dit is lewensbelangrik dat ons ‘n gewoonte daarvan maak om dankbaar te wees sodat wanneer die lewe se storms ons tref, ons sal weet hoe om deur die rowwe waters te vaar. ‘n Deel hiervan is om God te vertrou en selfs om te kies om dankbaar te wees, al verstaan ons nie die wêreld om ons nie.

Hierdie Sondag gaan ons hierdie gewoonte vlerk gee deur Hom te dank vir die afgelope jaar en om opnuut te getuig dat ons ons vertroue in Hom plaas vir die jaar wat voorlê.

Sien julle Sondag!

Anton

Voorbidding:

“…Ek wil die Here loof, want onverganklik is Sy liefde vir hulle wat Hom dien…” Psalm 103.

Ons dra die volgende siekes aan die Here se sorg op: Rassie Erasmus (Vermont), Suzette van der Merwe, Johan en Marinda van Schalkwyk, Bekker en Marietjie van Wyk, Ben Marais, Attie en Bets Eksteen, Doreen Pretorius, Lisa Kriel, Johan Lodewyks, Ria en Charlo Viljoen, Anita Sutherland en tannie Matie en oom Faan Strauss, Lynn Olivier, Berenice Auret, Bettie Erasmus, Charl en Hettie van Wyk, Henk en Leana le Roux, Ansie en Jannie Du Plessis, Fanie Schmidt en Isobel Schrade. Ons dra ook Amanda Klaassens se kleindogter aan die Here op. Sy is tans in die hoësorg eenheid.

Ons bid ook spesiaal vir alle persone wat in verswakte versorgingsplekke is of wat tuis versorg word. Mag hulle die Here baie naby ervaar. Ons bid ook vir die versorgers vir volgehoue deernis, liefde en onderskeidingsvermoë om die regte dinge op die regte tyd te doen. Ons dank die Here vir almal wat hierdie kosbare liefdesdiens doen.

Ons bid vir almal wat worstel met die gevolge van een of ander vorm van middelafhanklikheid. Die persoon self, sowel as sy of haar familie. Dit stel geweldige emosionele eise.

Baie dankie vir u voorbidding. Dit word opreg waardeer.

Michiel. Wilhelm, Coenie en Anton


WEEKPROGRAM

Di 09:00 Sopkombuis

Wo 08:00: Personeelverg

Wo 09:00: Leraarverg

Wo 17:30: Meditatiewe diens

Do 05:30: Manne-biduur

Vr 10:00: Kolwyntjie teetuin

So 09:00 Oggenddiens

Yolandé Conradie - 082 613 1236   

Danel Theron - 079 493 8742

Nicolene Stander - 081 535 5259

Indien jou kind wil inskakel by die sondagskool, maar te skaam is om net op te daag, kontak gerus een van hierdie mamma’s. Hulle sal vir jou vertel van die hoe, waar en wanneer.

Daar word altyd ekstra hande benodig met lessies of hulp gedurende gemeente aktiwiteite. Stuur vir een van ons ‘n boodskap indien jy wil betrokke raak of selfs net 1 keer wil uithelp.

Maak jou eie rits vlaggies om enige plek op te hang. 

1. Kleur mooi in 

2. Knip dit uit op die stippellyn 

3. Pons ‘n gaatjie in die boonste driehoek 

4. Ryg tou of wol of lint deur die gaatjies 

5. Hang dit in jou kamer op.

Kan jy lekker koek bak? Of is ‘n souttert meer jou ding? Die Kolwyntjie Teetuin maak staat op vrywilligers vir die eetgoed wat elke Vrydag bedien word en ons wil jou graag uitnooi om deel te word van hierdie span! Niemand is bo-baas baksters nie, maar hulle geniet dit en dit is al wat saakmaak. Vat ‘n kans en gee jou naam op vir die 2025 span van dames wat die Teetuin so lekker maak! Siska 082 762 2732 tref al die reëlings en sal vir jou meer inligting kan gee.

Algemeen Hannie 081 271 2290 Enige vrae?