Liefde wys God aan die wệreld !
“Geliefdes, ons moet mekaar liefhe, want liefde kom van God en elkeen wat liefhet is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie het geen kennis van God nie, want God is liefde. Hierin is God se liefde vir ons geopenbaar: Sy enigste Seun het Hy na die wệreld toe gestuur sodat ons deur Hom die Lewe kan hệ. Werklike liefde is nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur Sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. Geliefdes as dit is hoe God Sy liefde aan ons bewys het, behoort ons ook mekaar lief te hệ. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy liefde in ons Sy doel volkome bereik.” 1 Joh 4 v. 7 – 12.
Daar is net een liefde wat ons kan verander en dit is die liefde van God wat Hy deur Jesus Christus aan ons bewys het aan Golgota se kruis. Ek lees die verhaal van die ontstaan van die lied : “I have decided to follow Jesus, no turning back, the Cross before me , the world behind me …” Ong. 150 jaar gelede het daar ‘n man met die naam Nokseng in Indië tot geloof in Christus gekom. Sy stamhoof was gekant daarteen en het hom uitgedaag om sy geloof te versaak. Hierdie man moes kies tussen sy geloof en sy vrou en kinders. Hy kies Jesus. Op die ou end moes hy ook kies tussen sy lewe en Jesus Christus. Hy kies weer Jesus. Voor sy dood het hy die woorde wat in hierdie lied vervat is vir almal om hom gesệ: “I have decided to follow Jesus, no turning back… ” Die stamhoof was so diep geraak deur hierdie man se geloof dat hy self na Jesus Christus begin soek het. Hy het self tot geloof in Jesus gekom en die hele stam saam met hom.
Dit is asof v.12 vir ons wil sệ dat wanneer ons mekaar liefhet dat ons iets van God se hart vir die wệreld wys, iets van God sigbaar maak vir almal om ons!
Die vraag is word Jesus sigbaar in ons liefde vir ander mense?
Ons gaan hieroor verder nadink in Sondag se boodskap. Mag die Here ons hierin seën.
Michiel
Vanuit die kantoor
Dienssentrum