Jes 29:1 “Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie.”

Ek onthou ’n dag in die skool wat my juffrou my aan my oor gegryp het en gesê het: “Wat is hierdie? Asbakkies?” Vandag verstaan ek haar frustrasie; ek het dikwels gevoel om my kinders ook aan die oor te gryp en te vra wat is hierdie? Ek dink meeste van ons het al so gevoel.

Dis ’n voorreg om te kan hoor. Daar is baie mense om ons wat nie soos ons kan hoor nie. Ons het vir ’n tyd lank ons kerkgeboue in Pretoria gedeel met die gemeente vir dowes in Pretoria. Ons het dikwels saam met hulle kerk gehou. Ja, om te hoor, is ’n voorreg.

’n Mens kan nie help om te wonder of God ook ore (soos ons) het nie. Hoor Hy ons regtig? Wat hoor Hy? Hoe weet ek dat God my wel hoor? Oor alle eeue het gelowiges hierdie vrae gevra.

Ons dink vanoggend in die erediens na oor die vraag of God regtig hoor. Dis natuurlik die kernvraag van gebed: verbaliseer ek maar net my behoeftes en voel daarna beter, of is daar iemand wat my hoor?

Kom kuier en aanbid saam met ons: kom wees saam, sing saam, lees saam, leer saam en bid saam.

Almal welkom! Heerlike koffie en tee en kuier na afloop van die diens in die maalruimte.

Groete, Coenie

Voorbidding:

“…Ek wil die Here loof, want onverganklik is Sy liefde vir hulle wat Hom dien…” Psalm 103.

Ons dra die volgende siekes aan die Here se sorg op: Rassie Erasmus (Vermont), Suzette van der Merwe, Johan en Marinda van Schalkwyk, Ben Marais, Attie en Bets Eksteen, Doreen Pretorius, Lisa Kriel, Johan Lodewyks, Ria en Charlo Viljoen, Anita Sutherland en tannie Matie en oom Faan Strauss, Lynn Olivier, Berenice Auret, Bettie Erasmus, Charl en Hettie van Wyk, Henk en Leana le Roux, Ansie en Jannie Du Plessis, Fanie Schmidt, Frans Stapelberg, Alta Pienaar, Elfriede Algra, Rensche Dreyer en Isobel Schrade. Ons dra ook Amanda Klaassens se kleindogter aan die Here se sorg op, sy is tans nog in die hoësorg eenheid.

Ons bid die Here se troos vir Marietjie van Wyk en al Bekker se geliefdes nadat hy na Sy hemelwoning ver-huis het en sy aardse lyding finaal vir die heerlikheid van God verruil het.

Ons bid ook spesiaal vir alle persone wat in verswakte versorgingsplekke is of wat tuis versorg word. Mag hulle die Here baie naby ervaar. Ons bid ook vir die versorgers vir volgehoue deernis, liefde en onderskeidingsvermoẽ om die regte dinge op die regte tyd te doen. Ons dank die Here vir almal wat hierdie kosbare liefdesdiens doen.

Baie dankie vir u voorbidding. Dit word opreg waardeer.

Michiel, Wilhelm, Anton en Coenie

Stadig maar seker vernuwe ons van die areas of vertrekke binne die gemeente geboue. Daar is hierdie laaste paar maande groot werk gedoen om die moederskamer te skuif en toepaslik in te rig. Die Gebedskamer is ook besig om ‘n nuwe gesig te kry. Indien jy gemaklik is met naaldwerk, soek ons nog hulp met die covers van die banke in die Gebedskamer. Baie dankie aan elke persoon wat tot op hede hul tyd, idees en geduld aangebied het om dit te laat realiseer! Ons waardeer julle!

FYN AANVOELING

Ek skryf hierdie briefie versigtig. Paulus skryf vir die gemeente dat hulle liefde moet toeneem in begrip en fyn aanvoeling. Onrusrivier gemeente behoort aan die Here – almal is welkom hier. Maar hoe maak ’n mens as jy wil oop wees vir almal en tog ook mekaar wil beskerm? Hoe kan ons oop wees vir almal wat hier kom sonder dat ons weer aanstoot gee vir ander mense, of lidmate in ’n ongemaklike situasie plaas? Die antwoord is nie maklik nie. Ons wil vra dat lidmate (indien moontlik) nie Sondae by die kerk (voor of na eredienste) besoekers met geld of kos sal help nie – tref eerder ’n alternatiewe reëling. Ons wil nie hê dat mense Sondae die eredienste kom bywoon net om voor of na die diens te bedel of iets te kry nie – dit plaas ons in ’n moeilike situasie. Verwys hulle eerder na die nagskuiling of die sopbediening elke Dinsdag. Hoop julle hoor ons hart. Groete, Coenie

Kom ons bid vir die vervolgde deel van Christus se Liggaam.

95% van Christene wat in Afrika vermoor word agv hul geloof, woon in die Sub-Sahara streek.

16.2 miljoen Christene is verdryf vanaf hul woonplekke en bevind hulle in vlugtelingkampe meestal.

Die media, politisie en selfs kerke in Afrika is stil daar-oor.

Kom ons neem hande en bid saam vir hierdie broers en susters van ons en as Here Jesus dit jou op die hart kom lê om betrokke te raak, doen dit.

Besoek asb die webwerf: www.opendoors.org.au en/of kom kyk in die maalruimte vir pamflette oor die werk gedoen deur Opendoors. Die Here wil jou gebruik. Baie dankie.


Deurkollekte gaan vir Bejaardesorg binne ons gemeente en gemeenskap.


Volgende Sondag (10 Nov) is die deurkollekte vir Jeug Uitreike.

Yolandé Conradie - 082 613 1236   

Danel Theron - 079 493 8742

Nicolene Stander - 081 535 5259

Indien jou kind wil inskakel by die sondagskool, maar te skaam is om net op te daag, kontak gerus een van hierdie mamma’s. Hulle sal vir jou vertel van die hoe, waar en wanneer.

Daar word altyd ekstra hande benodig met lessies of hulp gedurende gemeente aktiwiteite. Stuur vir een van ons ‘n boodskap indien jy wil betrokke raak of selfs net 1 keer wil uithelp.