Elke goeie ding in ons lewe dien as ‘n kans om te God te prys – om raak te sien wat Hy nou doen, om te onthou wat Hy al in die verlede gedoen het, en om te dink waartoe Hy in staat is in die toekoms. Iets wat ons kan doen wat ons daarmee sal help, is om merkers al langs ons lewensreis neer te sit . Mens kan oomblikke, gebeurtenisse en selfs dae merk wat uitstaan en wat mens graag wil onthou.
Die Israeliete het dikwels momente gemerk om te onthou met die bedoeling om dit te vier. Wanneer hulle God se reddende hand beleef het, het hulle dikwels doelbewus briek aangedraai, ‘n merk gemaak (meestal ‘n steun-pilaar gebou), en by daardie merker aan God gedink en Hom geprys vir wat Hy gedoen het.
`n Merk wat ons as gemeente maak is die lewensvreugdefees. Ons vier die lewe wat die Here aan ons hiersaam! Hierdie jaar doen ons dit deur saam te eet en stories te deel in die vorm van ‘n piekniek.
Ons doen dit omdat ons weet dat die verband tussen die viering van God se teenwoordigheid en om saam te eet só goed werk, dit selfs deur die verloop van die Ou en Nuwe Testament beklemtoon word. Verhoudings word versterk en verdiep elke keer wanneer daar saam gevier word en viering bevestig die gedeelde identiteit en doel wat ‘n geloofsfamilie het.
Om merkers neer te sit waar mens saam dink aan iets spesifieks wat die Here gedoen het en dit dan te vier, hetsy deur ‘n steunpilaar of deur ‘n jaarlikse lewensvreugdefees, skep die ruimte om te onthou, te vier, stories te deel, en God te prys vir Sy goedheid, genade en teen-woordigheid.
Mag hierdie jaar se lewensvreugdefees vir u tot seën wees.
Anton
LEWENSVREUGDEFEES
Vanoggend vier NG Onrus lewensvreugdefees (10 Nov) met ’n buitelugdiens by Curro en daarna hou ons as gemeente saam piekniek – bring jou eie stoele, komberse, piekniekmandjie. Ons hou in dieselfde tyd ook ’n kleiner diens in die kerkgebou vir besoekers asook vir die lidmate wat nie die diens by Curro kan bywoon nie. Daar sal geen koffie en tee na kerk wees nie – ons moedig almal aan om saam piekniek te hou by Curro. - Coenie
Voorbidding:
“…U troue liefde is meer werd as die lewe self, daarom sal ek U dien…” Psalm 63.
Ons dankie die Here vir alles wat mooi en goed is: ons mooi omgewing, goeie bestuur, goeie reëns, goeie skole, werk, kos, klere, gesondheid en drome. Ons sê dankie vir familie en vriende en vir hierdie gemeente waarvan ons deel kan wees.
Ons bid dat die Here se koninkryk in ons gemeente, dorp, omgewing en ons land al hoe meer sigbaar sal word.
Ons bid vir die volgende lidmate wat die afgelope week in die hospitale was: Erna Baardt, George Watermeyer, Frans Stapelberg, Mariaan Keulder, Christo Alheit asook George Munting in Spescare. Ons bid ook vir al die lidmate wat tuis siek is of aansterk.
Ons dra die volgende siekes aan die Here se sorg op: Rassie Erasmus (Vermont), Suzette van der Merwe, Johan en Marinda van Schalkwyk, Ben Marais, Attie en Bets Eksteen, Doreen Pretorius, Lisa Kriel, Johan Lodewyks, Ria en Charlo Viljoen, Anita Sutherland en tannie Matie en oom Faan Strauss, Lynn Olivier, Berenice Auret, Bettie Erasmus, Charl en Hettie van Wyk, Henk en Liana le Roux, Ansie en Jannie Du Plessis, Fanie Schmidt, Frans Stapelberg, Alta Pienaar, Elfriede Algra, Rensche Dreyer en Isobel Schrade.
Ons bid die Here se troos vir Mias en Ronel Calitz en hul familie na die afsterwe van Ronel se moeder, Catherine Froneman, vroeër die week. Ons bid ook spesiaal vir Erina Louw na die afsterwe van Dries laas naweek.
Ons bid ook spesiaal vir alle persone wat in verswakte versorgingsplekke is of wat tuis versorg word. Mag hulle die Here baie naby ervaar. Ons bid ook vir die versorgers vir volgehoue deernis, liefde en onderskeidingsvermoë wanneer nodig. Ons dank die Here vir almal wat hierdie kosbare liefdesdiens doen.
Michiel, Coenie, Anton en Wilhelm