Ons hou vandag kerssangdiens – dit is een van die hoogtepunte in elke gemeentekalender. Dis asof die kersboodskap vra om gesing te word en nie in die eerste plek om gepreek te word nie. Ek het baie gewonder waarom sang so groot rol speel in die adventstyd en kerstyd. Dalk gee die Lukas self vir ons die antwoord.

Lukas vertel dat die geboorte van Jesus Christus amper soos ’n sangdiens lyk: Wanneer Maria by Elisabet kom, sing sy ’n loflied (Luk 1:46-56). Wanneer Johannes die Doper gebore word, sing Sagaria ’n loflied (1:67-80). Wanneer die skaapwagters die blye tyding kry van Jesus se geboorte, sing ’n skare van engele ’n loflied (2:14).

Die kersboodskap wil gesing word, gedans word, gelees word, opgevoer word en vertel word. Aan die een kant is daar die nostalgie van kersfees en kerssangdienste; aan die ander kant die uitdaging om hierdie gebeure in elke tyd nuut, vars en kreatief aan te bied. Dieselfde Jesus wat 2000 jaar gelede in Betlehem gebore is, moet ook in my hart gebore word – anders bly dit niks meer as nostalgie.

Kom kuier en aanbid hierdie Sondag saam met ons. Ons luister na vooresings uit die Bybel, sing kersliedere, luister na die musiekgroep, kyk hoedat die kersverhaal gedans word en staan opnuut in verwondering oor Jesus se geboorte. Dankie aan Lesinda vir die opstel van die program asook almal wat op een of ander manier betrokke is.

Groete, Coenie

Voorbidding:

“…U troue liefde is meer werd as die lewe self, daarom sal ek U dien…” Psalm 63.

Ons dank die Here vir Sy sorg dat daar nie lewens of strukturele verlies met die afgelope brande was nie. Ons dank Hom dat Hy reën gestuur het en vir ons brandweerpersoneel wat toegewyd hulle taak verrig het en dat die brande geblus is.

Ons dra die volgende siekes aan die Here se sorg op: Doreen Pretorius, Lisa Kriel, Johan Lodewyks, Hennie Greeff, Piet Marais, Frans Stapelberg (nog in ICU), Alta Pienaar, George Muntingh, dr. George Watermeyer, Mariane Keulder, Christo Alheit, Broekies van Broekhuizen en Erna Baard.

Ons bid ook spesiaal vir Susan van Rhyn en haar kinders nadat haar man Nic oorlede is. Sy woon in Negester-Suid en haar man is oorlede 3 dae nadat hulle daar ingetrek het. Ons bly ook so vir Marietjie van Wyk en Geraldine Erasmus met hulle gesinne aan die Here opdra.

Ons vra ook voorbidding vir gesprek met leiers van die VGK Hawston wat baie uitdagings ervaar.

Baie dankie vir u voorbidding. Dit word opreg waardeer.

Michiel, Coenie, Wilhelm en Anton

‘Tis the season! Die kerk was ‘n miernes van be-drywighede die laaste ruk en ons loop oor van dankbaarheid. Daar is min dinge in die lewe so lekker soos om iets te kan gee of doen vir ‘n ander.

Die Jeugbediening met hul koekieprojek; die ou kerkstoele wat geskenk is aan ander gemeentes en APD in Hawston; van die wyke is besig met soortgelyke projekte aan Working on Fire se personeel. En dan natuurlik ook die kospakkie projek vir ons gesinne in Desember.

Vir meer inligting oor enige van hierdie projekte, kontak die kerkkantoor.